Tuesday, September 6, 2011

Komedie uit die boonste rakke

Kom ons wees nou eerlik en opreg…ons lewe in ‘n baie komiese tyd met die nuus wat die beste komedie sal uit stof. Ek praat nou nie van die honderde moorde, verkragtings en rooftogte nie, maar die politiek en die snaaks hans-worse wat die hoe poste orals beklee. Let wel ek tyken nie ‘n spesifieke politieke party of enige iets nie, maar daar is die outjies wat bo die ander ouens uitryk en die meeste wind vang. Nog nooit geweet kaktusse en knap-se-kerels kan so hoog groei nie. Ek dink heeltemal voor in die wedren vir die prys van die “nie-so-clever-ou” van die jaar, ons ou vriend Julius Malema.  Wat ‘n interesante karakter. Hoe kom so iemand daar bo uit? Net deur meer ouens soos hy wat hom ondersteun? Maar ek wil nie te veel tyd aan hom spandeer nie, want hy verdien nie my tyd nie. Lyk my hulle haal tug nie net uit skole uit nie, maar orals uit, want on sweet hierdie mannetjie en vele ander word net nie oor die vingers getik nie. Ek is nie ‘n politieke kenner nie , so my sienings beteken niks nie, maar hel, enige leek wat dalk perongeluk nuus gekyk het sal weet dat ons die beste komdiante het wat ons land verteenwoordig. Het jy al ooit gesit en kyk na die nuus en gese: “is die ouens erenstig?”? Ten minste vyf keer in elke nuus gleef.

No comments:

Post a Comment